
=====================================================================
Die antwoord is: aanpasbaarheid
=====================================================================

Inhoudsoorsig


"Die antwoord is: aanpasbaarheid"

Sonja Loots   sien 'n gaping tussen 'n ou en 'n jong geslag Afrikaanssprekendes.

DIE man kom aangestorm terwyl ek en die groentesmous op een van Observatory se sypaadjies staan en nonsens praat. Hy val soos 'n vlieg in 
ons sop, betaal met 'n R50-noot vir sy sakkie piesangs en verklaar dan joviaal: "Dit is wragtig lekker om te hoor julle praat nog 
Afrikaans." Sy grys skoene is skaars drie meter weg toe merk die smous suur op: "Yeah well, you're ugly and your mother dresses you funny."

Jaaagh, dink ek met die wegloop. Weer eens het 'n taalstryder met 'n dik beursie Afrikaanse woorde laat opdroog en 'n gespanne stilte in 
die plek daarvan gelaat. Die klein petalje bly my by, en elke keer wanneer iemand oor Afrikaans uitvaar, dink ek by myselwers: "Yeah well, 
you're ugly and your mother dresses you funny".

Verlede jaar se vergadering oor Afrikaans op Stellenbosch het bewys wat ons nog altyd vermoed het: die taalstryders is steeds oorwegend 
manlik, middeljarig, blank, bekend, invloedryk en suksesvol. Die koerantredakteurs, sakereuse, akademici, en politici wat 'n mens laat 
vermoed dat hulle Afrikaans wil red sodat hulle dit kan gebruik om teen die nuwe bedeling te velde te trek.

Antjie Krog het opgestaan en dit gewaag om te   s: "You're ugly and your mother dresses you funny" (Ek parafraseer!). As Afrikaans 
noodwendig anti-regering, anti-ANC, anti-WVK, anti-Engels en anti-nasiebou is, het sy verduidelik, voel sy ontuis. Die taalstryders het nie 
van haar woorde gehou nie.

Die bekroonde kopieskrywer Linette Retief   se bekentenis dat sy nie Coke blikkies bestudeer om te kyk of daar Afrikaanse woorde op is nie 
en woorde soos di van Krog saai klaarblyklik onrustigheid in die Afrikaanse kraal. En die reaksies daarop saai onrustigheid in die harte 
van woedende jong vroue wat Afrikaans gaan praat en skryf as die bejaarde, manlike taalstryders lankal dood is. Trouens: dit vervreem 
opnuut sprekers wat buite die sentrum staan.

As Afrikaans deur diep waters gaan, is dit omdat sy die prooi van negatiewe persepsies geword het. In hierdie opsig is dit nou maar eenmaal 
so dat mense wat Afrikaans gebruik het om die ou bedeling te steun, toe te smeer of te bemagtig nooit as te nimmer nou die taal kan red 
nie. Al is die bedoelings hoe goed, al is die skatkiste propvol, sal daar altyd 'n slang in die gras wees. Hulle word beskou deur 'n bril 
van agterdog. En miskien, dink ek soms, is hierdie agterdog nie ongegrond nie.

Die taalstryders verraai in onbewaakte oomblikke waar hulle wortels geanker is. Dat hulle tonge nog tuis voel in 'n Afrikaans wat stemme 
uitgesluit, gegnoreer of doodgepraat het. Die onnadenkende baasspelerigheid van Afrikaans merk 'n mens byvoorbeeld wanneer 'n spreker by 
'n geletterdheidsprojek die verrigtinge open deur aan die bruin gehoor uit die werk van Opperman voor te lees. Waarom nie Patrick Petersen 
nie? Waarom nie Adam Small nie?

Die mense het uitdrukkingloos geluister en flou hande geklap. Dalk het hulle, soos ek, vermoed dat die taalstryder nog nooit 'n gedig van 
Petersen gelees het nie. Dat hy die familiesilwer gebruik om 'n taal wat hy nie volledig ken nie, te probeer red.

In sulke oomblikke raak 'n mens opnuut moedeloos oor die taaltycoons se onbeholpe pogings om Afrikaans in 'n nuwe era in te lei. Hulle help 
die taal dalk eerder van die wal in die sloot, omdat hulle mense laat wonder of Afrikaans "nie net 'n plaasvervanger geword het vir 'n 
Afrikaner-elite se legitimisering van sy gefrustreerde politieke en ekonomiese aspirasie nie" (s vra Sean Jacobs, oudredaksielid van Die 
Burger en tans navorser vir   Idasa, in 'n Forum wat in   Die Burger verskyn het).

Tot tyd en wyl taalstryders met hul invloed, geld en vriende in ho plekke leer om sprekers toe te laat om in Afrikaans dinge te s wat 
teen hul eie ideologie indruis, bly hierdie vraag onbeantwoord.

Daar is 'n oorlewingstrategie wat ewe goed vir bedreigde dierspesies en bedreigde tale werk: aanpasbaarheid. Daardie talent wat die 
dinosourusse nie gehad het nie. So lees ek vroer vandeesmaand in die koerant van die Melkbosstrand taalstryder wat konsternasie op 'n vlug 
van SAA veroorsaak het. Hy sal verdomp nie in sy stoel sit met die landing nie, want die vlugaankondigings is mos net in Engels, het die 
meneer geredeneer. Ek wonder of hy ewe beginselvas sou wees indien die vlienier in Engels aangekondig het dat die vliegtuig enige oomblik 
in die see gaan stort en dat almal asseblief hul reddingsbaadjies moet aantrek. In my geestesoog sien ek hoe al die Afrikaanses aan boord 
hardkoppig hul arms kruis en sekondes later soos lood tot op die seebodem sink.

Waarmee ek wil s dat die Melkbosstrand man my vies maak. Hy trek my naam deur die modder, voel ek. Hy laat al weer die Afrikaanses na 'n 
fanatieke, onlogiese en ja, onaanpasbare spul takhare lyk. As hy weer in ossewaens wil trek, is dit goed. Maar ek hou van vlieg en kan heel 
goed die vyf minute wat die vlugaankondigings duur, sonder Afrikaans klaarkom. Dit, dink ek, noem 'n mens aanpasbaarheid.

Omdat die taalstryders so 'n triestige beeld van Afrikaanses skep, omdat hulle soos stout kinders neul, omdat hulle dit nou maar eenmaal 
nie regkry om hul denke oop te gooi vir die tyd waarin ons leef nie, kan ek nie anders nie as om te dink Afrikaans moet 'n gegewe perd in 
die bek kyk. Dat haar heil nie l by stryders wat soos Shylock in Shakespeare se   Die Koopman van Venesi op hul pondjie vleis aandring 
nie. Afrikaans moet bedaard en waardig wag tot die volgende generasie 'n eie stem vind. Tot die sprekers wat nou nog nie bekend of 
belangrik is nie, wat skuldeloos uit die apartheidsjare gestap het, lostrek in 'n nuwe Afrikaans. Soos 'n mens in regte-egte Afrikaans s: 
"Moenie worrie nie. Watch net!"

Sonja Loots   is redaksielid en rubriekskrywer van Die Burger. Van haar het 'n novelle, Spoor, verskyn.

Terug na bo

Klip in die bos

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5120.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

